Posted on
20 September 2009
Middelland Sirkel is geografies baie wyd uitgestrek en dis nie aldag wat sirkelbestuur die kans kry om van aangesig tot aangesig sirkelaangeleenthede te bepraat nie.
Saterdag, die 19de, was wel sodanige geleentheid. Bestuurslede van heinde en verre het oor die vlaktes aangejaag gekom om aan huis van Middelland Sirkelpresident, Lynette Martin, te vergader. Die agenda was lank, die gesels baie en die een oog immer op die horlosie, sodat die vêr vriendinne darem nog voor donkernag by die huis kon kom. Dit was ‘n intense vergadering en ‘n feestelike kuier - lekker om te kan sê alles is wel in Sirkel Middelland!

Aneen, Lynette, Anna, Jackie, Sarie, Marlene, Natania, Lucia & Ria met die Swartkopsrivier in die agtergrond

Lynette met die allerheerlikste wortel-& beetkoek - ons sê mos dit was ‘n feestelike kuier!