Posted on
10 October 2009
Kan ‘n mens so gelukkig wees? Een van ons lede, Amanda Beyers, is gekies om model te wees tydens die Leefstyl-vergadering op 6 Oktober, waar ‘n make-over op haar gedoen sou word. Om alles te kroon, is sy op pad na ‘n troue die aand en kon sy beslis die koppe laat draai met haar voorkoms. Amanda is ons jongste lid en woon getroue elke vergadering by.
Die make-over is gedoen deur Nerissa van The Pin Up, geleë in Die Bars, Bredasdorp. Nerissa gee ook waardevolle wenke rondom die aanwend van grimering, wat jy moet doen om daardie ongewenste dele weg te steek en ook hoe om die mooi dele uit te lig. Nerissa is ook onlangs genader om die haarstilerings te doen tydens ‘n unieke mode-, skoonheid- en leefstyl-ekstravaganza met die styl-ghoeroes Trinny & Susannah, aanbieders van die BBC-program What Not to Wear wat in Kaapstad aangebied sal word. Ons is beslis gelukkig om iemand soos Nerissa in ons midde te hê.
Lorraine du Toit
.JPG)
.JPG)
.JPG)
.JPG)