Die samesyn van Sirkel Middelland op 17 Oktober het dubbele vreugde ingehou. Daar is nie net laer getrek om VLVK se 80 bestaansjare te herdenk nie, maar ook om die sintuie te bevredig en te spog met die handvaardigheid en kreatiwiteit van Sirkel Middelland se lede. Die kulminasie van die jaarlikse sirkelprojek, Bras, Beads & Bags, het saam met die mylpaal verjaarsdagvieringe plaasgevind.
Die balsaal van die King Edward Hotel in Port Elizabeth was glansryk getooi. Die tema ‘Eva se Tuin’ het as inspirasie gedien vir beide geleentheid en kunswerk. 270 gaste het die oggend geniet en Middelland was ook die mees bevoorregte uit 18 sirkels om ons nimlike VLVK President teenwoordig te hê. Erika het die heildronk op VLVK se 80 jaar ingestel en ‘n paar VLVK-mylpale en hoogtepunte aan die gehoor voorgehou. Vier van Middelland se takke het ook vanjaar groot verjaarsdae gevier en sirkelpresident, Lynette Martin, het algar ‘n glasie laat klink op Alexandria en Despatch takke se 75 jaar, Walmer tak se 55 jaar en Acqua se 25ste bestaansjaar.
Ursula Struwig, uitvoerende hoof van Herbazone en self ‘n borskanker-slagoffer, was gasspreker tydens die oggend se verrigtinge. Sy’t die gaste ‘n kykie in haar menswees veroorloof toe sy vertel het van haar persoonlike reis na die gevreesde K-diagnose.
Enriko Koleske, Robert Gillmer en Marelize Booyens het gesorg vir agtergrondmusiek en sang uit die boonste rakke.
27 lingerie-kunswerke en 8 handsakkies was op uitstalling, eer dit op die loopplank vertoon is. Die loopplank vertoning en choreografie is behartig deur Heinz In Style. Dit is die 1ste jaar wat die skeppings nie ten tyde van die geleentheid opgeveil is nie. Daar is besluit om die kuberruim tot voordeel van Middelland te gebruik en die kunswerke sal op Bid or Buy aan die hoogste bod toegeken word. Die fondse wat ingesamel word met die veiling, sal aangewend word vir VLV lede in eie geledere, wat behoefte het aan ‘n mastektomie bra en/of prostese.
KWELA het die kunswerke, geleentheid en ander Middelland projekte op kamera vasgelê - wees op die uitkyk!!!
Tafels getooi in pienk

Blommekuns, getiteld EVA, deur Duifie Barnard
Duifie is een van Middelland se vorige Juweelvroue

Acqua Tak se geskenkie aan gaste - kolwyntjie gemaak deur House of Bakes

Teetafel gedek deur Natania Schmidt

Op uitstalling - Seduction, gemaak deur Lynette Martin

Op uitstalling - Autumn Caleidoscope, gemaak deur Ilke Erasmus

Op uitstalling - New Awakening, gemaak deur Marlene Erasmus

Teetafel detail

Natania, Ursula Struwig (gasspreker), Erika & Lynette

Robert Gillmer

Gaste in die balsaal van die KEH

Sirkelpresident, Lynette Martin

VLVK President, Erika Lubbe

Op die loopplank, Crystal Clear, gemaak deur Lynette Martin

Op die loopplank, Madeliefie Liefde, gemaak deur Hester Nienaber

Op die loopplank, Sssssssissende Verleiding, gemaak deur Itha Opperman

Op die loopplank, Red Eva, gemaak deur Marlene Erasmus

Op die loopplank, Tranquility, gemaak deur Marietjie du Plessis

Op die loopplank, Blushing Bride, gemaak deur Lourika du Toit
