Hofmeyr VLV het die afgelope naweek hul teetafelkompetisie gehou om saam te val met die 80ste verjaarsdagvieringe van VLVK. Die teetafel van Heillie Marais is as wentafel aangewys deur die beoordelaars. Hofmeyrtak het 8 inskrywings gehad, en sowat 80 gaste het die geleentheid bygewoon. Hierdie was ook 'n baie spesiale geleentheid, aangesien die opening van die VLV museum ook tegelykertyd gevier is. André Malan het as gasspreker opgetree en Thys Louw het Hofmeyr se geskiedenis vertel.
Jean Pierre du Plessis en Alida Erasmus het as bekwame beoordelaars van die Teetafels opgetree, en die tafel van Louise Lotter het in die tweede plek geeindig, terwyl die tafel van Susan Vermaak in die derde plek geeindig het.
Die trouhoekie in Hofmeyr se VLV Museum. Die trourok was deur die model gedra word is in 1932 deur 'n Mev Pretorius gemaak.

Agter, Anita Hough, Thys Louw en voor: v.l.n.r. Miemie Louw en Poppie Opperman tydens die opening van Hofmeyr se VLV Museum en teetafelkompetisie ter viering van die VLVK se 80ste bestaanjaar. Thys Louw het as gasspreker opgetree, en Poppie Opperman se skoonvader (Willem) was vir baie jare Hofmeyr se burgermeester, en haar eggenoot (Lieb) het hom opgevolg. Miemie Louw se eggenoot, wyle Thys, het vir baie jare Hofmeyr en distrik as LV verteenwoordig.

Heillie Marais, (Voorsitter Hofmeyr VLV) klink 'n glasie sjampanje met Willoughby Lord (seun van stigterslid van Hofmeyr VLV - Kathleen Lord) tydens die teetafelkompetisie ter viering van VLVK se 80ste verjaarsdag.
Willoughby het as kleuter gereeld VLV saam met sy moeder bygewoon, en onthou hoe lief sy was om blomme te rangskik. Hofmeyr het ook by die geleentheid hul VLV Museum geopen - en Willoughby se moeder se hand is ook hier duidelik sigbaar - met talle artikels wat deur haar aan die museum beskikbaar gestel is tydens haar leeftyd hier op Hofmeyr.

Heillie Marais (Voorsitter van Hofmeyr VLV) en haar eggenoot Flip Marais wie behulpsaam was met die restourasiewerk van die VLV Museum op Hofmeyr. Hy was ook behulpsaam met die maak van geskenkies wat sy op haar teetafel gebruik het - 'n ware VLV-man dus.

Heillie Marais (links, Voorsitter van Hofmeyr VLV), hier saam met Ronell Herselman (Sirkel Presidente van VLV Sirkel Cradock) tydens die toekenning van die eerste plek in die teetafelkompetisie op Hofmeyr.

Heilie se wen-teetafel tydens Hofmeyr VLV se teetafelkompetisie
