Posted on
09 November 2009
'n Heerlike kuiermiddag met koek en tee. 'n Pragtige kersverhaal is voorgelees, 'n speletjie waar kerswoorde geskommel is, is gespeel asook 'n musiekraai uit kersliedere. Die bekendmaking van die geheime vriendinne en uitdeel van geskenkpakkies, was 'n belewenis. Tydens die prysuitdeling is René Hanekom as die algehele wenner vir die jaar aangewys. Diensjaarknopies is deur Louwna Hoving, ons sirkelpresident, oorhandig aan die dames op die foto. Ons is trots op Tinkie van Zyl en Esther Smuts wat albei hul 60-jaar-diensknopies ontvang het. Ons lede is gemotiveerd en ons gaan 2010 tegemoet met ons tema: "Reik na die sterre."

Louwna Hoving, sirkelpres oorhandig diensknopies aan Tinkie v Zyl 60jr, Esther Smuts 60jr, Muggie d Toit 30jr, René Hanekom 20jr, Kleintjie Liebenberg 20jr, Annalene d Villiers 10jr, Magda van der Merwe 10jr.