Posted on
23 November 2009
Tydens Goodwood se blomme-oggend, o.l.v. Charlotte Huysamer (links) het Elmarie Hendrickse (regs) lede met haar blommekuns betower. Sy het onder andere tafelversierings en handruikers gedemonstreer. Almal was verstom oor hoe gering die koste is van die pragtigste geskenke, wat van blomme gemaak kan word.

Tydens die Handvlytvergadering o.l.v. Rina Erasmus (regs) het Shanna Steyn (links) mosaiekwerk en decoupage gedemonstreer. Sy het baie nuttige inligting en wenke gegee oor hoe om die handwerk te beoefen.

Baasbakster Letricia Erasmus, van Riversdal tak, kan behoorlik toor met versiersuiker en wat sou VLVK se 80ste verjaarsdag dan nou gewees het sonder 'n verjaarsdagkoek! Letricia het die koek versier met pragtige miniatuur proteas uit suikerkuns. Agt kerse, een vir elke 10 jaar, is deur die bestuurslede aangesteek.

Minette de Jager (regs), hoof van die Tygerbeertjie Projek, ontvang die 96 beertjies, gebrei deur die lede van Goodwood tak, van takvoorsitter, Wenda Preuss. Hierdie projek het ten doel om getraumatiseerde kinders by Tygerberg Hospitaal van hulp te wees.
