Posted on 25 November 2009

Ons tak was bevoorreg om Erika Lubbe, VLVK president en Sandra Nolte, ons Noord-Karoo Sirkelpresident, as gaste te hê by VLV Britstown se afsluiting.

 

Dit was ‘n heerlike kuier oggend waartydens die sameroepers verslag gelewer het oor 2009 se werksaamhede, ons van die oorsprong van die internasionale kers en gebed kon hoor, die pryswenners, van hierdie jaar, vereer kon word, ‘n verskeidenheid van likeurs en interessante Turkse lekkers geproe kon word, kersversierings en ander artikels vir konferensie 2010 besigtig kon word, strikkies leer knoop en die bestuur ons lus gemaak het vir VLV 2010.

 

Na die verrigtinge het Didi Raath, ‘n plaaslike spysenier, ons bederf met ‘n koninklike noenmaal. Dit was voorwaar ‘n spesiale dag vir elkeen.

 

  

Ons leer strikkies maak. . .

 

 

Ons proe. . .

 

Ideka Visser lewer verslag

 

Kan strikkies maak so moeilik wees?

 

Lede wat deelgeneem het aan Konferensie 2009

 

 Elsa Human, Sunel van Rensburg en Anita Rust spog met 100% bywoning vir 2009

 

Ons spog met ons kongres 2de en 5de plek vir Hekelwerk

 

Bestuur 2009 vlnr.Michelle Janse Van Rensburg(voorsitter), Erika Lubbe, Ideka Visser, Wilma Strauss, Lorette vd Merwe, Anita Rust, Sunel Janse Van Rensburg,Sandra Nolte

 

Ivonne het mooi handdoekies gemaak vir ons 2 spesiale gaste

 

Didi Raath bederf ons

Comments are closed