Posted on
25 November 2009
Monica Swart was die VLV doyenne van Williston tak, sowel as Sirkel Suid-Karoo.
Monica Smit aanskou haar eerste lewenslig op 16 Augustus 1923 in Kenhardt. Sy ontvang opleiding by WOK en begin haar onderwysloopbaan te Williston. Reeds in 1945, as jong onderwyseres, sluit sy by die plaaslike VLV tak aan. In 1947 trou sy met Melt van der Spuy, ‘n boer van die distrik en 5 kinders word uit die huwelik gebore. Sy oorleef Melt en trou jare na sy afsterwe met John Swart. Beide haar eggenotes was geesdriftige VLV ondersteuners en nou betrokke by haar VLV bedrywighede.
Sy was 64 jaar lank lid van die VLV en voorsitter vir ‘n tydperk van 21 jaar. Benewens die amp van sekretaresse, was sy ook sameroepster van verskeie portefeuljes en gekwalifiseerde beoordelaar van Gebak I Gebottel I Blommerangskikking. Voor haar afsterwe was sy die langslewende lid van Williston tak.
• 1974: Verkies tot Sirkel President van Sirkel Suid-Karoo, beklee die pos vir 16 jaar
• 1978 -1985: Twee VLVK Kongresse word onder haar leiding aangebied
• 1989: Neem by mev. Glen Uys oor as argivaris vir die jaar
• 1998: Erelidmaatskap van Williston tak
• 2000: Erepresident van Sirkel Suid-Karoo
• Sirkel se 50 ste verjaardag vind plaas onder haar leiding
• Lid van die WBPV
• Intekenaar op Country Women lektuur wat uitgegee word deur WBPV
• Woon twee WBPV kongresse by te Hamburg en lerland
Ons eer haar nagedagtenis as 'n merkwaardige en formidabele VLV vrou, wat diep spore in haar geliefde vereniging getrap het.
