Posted on 07 February 2010

Die VLV op Britstown, het 3 Februarie, afgeskop met 'n “Bafana-Bafana Bestuur” wat die lede luidrugtig herinner het dat 2010 hier is!!


 
Die weersiens na 'n twee maande lange breek het herinner aan 'n Versamelvoëltjie nes! Dit was 'n gekwetter uit die boonste rakke wat Twitter op die Web vêr verby steek. Die teetafel het 'n Valentynstema gehad met stroopsoet tuinvrugte en dekadente soetighede vanuit die hart van die huis.


 
Die lede het op hul beurt die bestuur verras met tafels wat gekreun het van konferensie artikels waaraan hul hard gewerk het oor die somervakansie. Konferensie, hier kom ons!


 
Na al die formaliteite het ons gaste van Victoria Wes, Hannes Horn en Johan Hartog nader gestaan en ons meegevoer op 'n reis van "Hoe proe dit om mens te wees".  Dit was ‘n samevoeging van poësie en drama, Valentyn en kos, raad en wyshede en het ons laat reik na die sterre. Ons het geleer van "Om te Leef", "Om te Vergewe," en "Om Dankbaar te wees".

 

Dié oggend in die hartjie van die Karoo, was ONVERGEETLIK!

 


3 Bestuurslede skop 2010 luidrugtig af! 

 

 

 Britstown drink tee om Valentynsdag te vier.


 

Johan Hartog en Hannes Horn

 

Comments are closed