Posted on 22 February 2010

Dr. C. Pienaar, plastiese en rekonstruktiewe chirurg het met VLV Velddrif se openingsvergadering, op 18 Februarie, die dames in vervoering gehad. Die baie aantreklike dokter het vir ons kom vertel van sy werk as verteenwoordiger van "operation smile South Africa". Die organisasie gaan help minderbevoorregte kinders en volwassenes, met gesplete verhemeltes en lippe reg oor Afrika. Daar word derduisende kindertjies se lewens verbeter binne net 45 minute.


Hy het natuurlik ook ‘n klein bietjie oor plastiese snykunde gepraat , maar gelukkig het VLV Velddrif sulke pragtige dames, dat ons dit glad nie nodig het nie, sê
Suzanne Wessels, wat die bydrae gelewer het.

 

Gina en Estelle, saam met die dokter wat almal help "smile"

  

 

Komitee 2010

AGTER: Cornelia Marais (Leefstyl), Louise Jacobs (Openbare sake), Jackie Coetzee (Tesourier), Sinnie Koeglenberg (Leefstyl), Estelle de Koker (Gesondheid), Lynette Visser (Kunste en Handvlyt).
VOOR: Vera Winterbach (Landbou en Tuinbou, Vise voorsitter), Gina Smit (Voorsitter), Melinda Thiart (Sekretaresse)

  

Comments are closed