Posted on
28 February 2010
Christel Viljoen het vir ons nuus gestuur oor Jongensklip tak se bootrit op die Kleinrivier.
Sondagmiddag, 21 Februarie, het 40 Jongensklip-lede (darem mans ingesluit) op ‘n heerlike bootrit gegaan. Die”platters” was gepak met die allerheerlikste eetgoed soos net hierdie boervrouens kan en die mans het gesorg vir die “coolbags” en glase. Die bootrit was vir sommiges aan die begin maar vreesaanjaend, maar toe ons eers die water tref, was die vrese verby! Jonk, oud, kranklik , selfs 2 swanger mammas en ‘n klein babatjie, was aan boord en dit kon net nie lekkerder gaan nie!!
Die doel van die uitstappie was om ons VLV lede se mans te bederf en dankie te sê vir al die opofferinge wat hulle soms moet maak, sodat ons 100% kan gee vir VLV. Verlede jaar het ons hulle bederf met ‘n heerlike Steak-aand!
Sowaar ‘n dag en uitstappie wat ons almal geniet het. Ek dink die mans gaan dit ‘n jaarlikse instelling wil maak!!!

Van die manne was braaf en het die rivier aangedurf op binnebande!


Jongensklip se Bestuur 2010
Voorsitter: Madeleine du Toit
Visevoorsitter: Corrie Fourie
Sekretaresse: Sonette de Kock
Tesourier: Elbe Fourie
Sameroepers:
Kunste en Handvlyt: Christel Viljoen
Opvoeding en Kultuur: Alena Steenkamp
Openbare Sake: Annelie Swart
Landbou en Tuinbou: Saret du Toit
Leefstyl: Corrie Fourie
Gesondheid: Hezanne Viljoen
Vonkelvrou: Marietha Groenewald
Agter: Madeleine du Toit, Sonette de Kock, Hezanne Viljoen, Saret du Toit, Corrie Fourie, Christel Viljoen
Middel: Elbe Fourie, Annelie Swart, Voor: Alena Steenkamp
