Posted on
12 March 2010
Ons het die jaar baie goed begin! Ons het met ons eerste vergadering 13 lede bygekry, waarvan die jongste 21jr. oud is! Ons is nou 'n hele 77 lede.
Op die foto verskyn die nuwe lede:
Agter: Maritha Kotze, Pina Krumm, Marie Snyman, Christina Mouton, Estelle du Plessis(voorsitter) Helene Eigelaar, Ria Mackenzie, Lynn Havenga, Marianne van Niekerk, Sarie Klynsmith
Voor: Hettie Hanekom,Liza-Marié Burger, Marina Olivier, Elmine Archibald

6 Lede het kentekens ontvang. Op die foto verskyn: Van links na regs:
Estelle du Plessis (voorsitter), Elize Kleynhans - 10jr, Cecilia Gous - 10jr, Corrie Slabber - 20jr, Petro Eksteen - 25jr, Annatjie Hamman - 40jr, Helen Matthee (afwesig) 10jr

Ons het 'n heerlike oggend gehad en sommer lekker gelag. Die lede moes 'n kussing tussen hulle knieë vasknyp en aangee vir die volgende lid. So het ons die nuwe jaar begin, vol vreugde en lekker lag! Kyk net hoe geniet die lede die kussing-aangee!
Maretha Buckle gee die kussing aan en Hettie Hanekom lag uit haar maag!
