Posted on 12 March 2010

Me Ann Barnard wou altyd in ‘n mediese rigting gaan werk, maar vestig haar helaas in die onderwys.  Dit het haar egter nie verhoed om wel haar droom uit te leef nie en sy begin leerders oplei in noodhulp;  veral noodhulp op die skoolgronde.


Leerders word geïdentifiseer en hulle skryf selfs eksamen,  waarna hulle ‘n sertifikaat en balkie ontvang.  Daar is tans ongeveer 20 – 30 leerders in die span wat weekliks twee-twee diens doen op die skoolgronde.  Hulle word opgelei in die basiese noodhulp soos neusbloedings, floutes, bysteke, ens.


Klein-Jan demonstreer die Heimlich maneuvre, wat gebruik word wanneer iemand verstik, terwyl Cassandra demonstreer wat om te doen wanneer iemand flou geword het.   Die belangrikste wat hulle ingedril word, is om handskoene te dra, veral wanneer daar bloeding is.

 

 

Lorraine du Toit het lede gewys hoe die nuwe VLV webwerf lyk en dat dit hand-aan-hand gaan met die Huis & Haard.  Enigeen kan op die webwerf ingaan – daar is ‘n verskeidenheid inligting, asook nuus en foto’s van ander takke beskikbaar.

 

Amanda Beyers vertel meer van verskillende kruie en waarvoor dit gebruik kan word.  Van die kruie word ook te koop aangebied.

  

Comments are closed