Posted on 15 March 2010

Die tema van die vergadering was: Deur die oë van 'n kind.

 

Tafels was gedek soos vir 'n kinderpartytjie. Agt gr 3 leerders is genooi om saam partytjie te hou. Daar was 'n keurig versierde haas-koek, 'n "regte" haas met pienk ore,wat almal verwelkom  en paaseiers uitgedeel het! Almal sing veels geluk liewe maatjie en die leerdertjies het 2 pragtige sangitems gelewer. Hulle huiswerk was om elkeen 'n tekening te maak met "Haas" as tema. 

 

Miems van Rooyen, sameroeper, demonstreer die uitknip van 'n haas-silhoeët of stensil. Al die lede en ook die leerders doen mee. Op die foto is die 3 pryswenners met hulle sketse, saam met Miems van Rooyen, Kuns & Handvlyt sameroeper. Hulle sketse is gelamineer sodat dit as plekmatjies gebruik kan word.

 

 

Grace Seale, regs voor, kry hierdie jaar haar 70 jaar diensknopie. Sy is 98 jaar oud en ons het haar gaan besoek om die nuus te deel. Vlnr Marie Stander(Gesondheid), Henriette Stander(voorsitter), Miems van Rooyen(Kuns & Handvlyt).

 

 

 

Grace Seale, erelid, 98 jaar oud en 70 jaar diens. Die beddeken en kussings het sy self gemaak. Sy het drie jaar terug. "Beste op Skou" prys gekry.

 

 

Die Haas-koek

 

Comments are closed