Posted on 15 March 2010

Cecile de Nieully Rice het as gasspreker opgetree by die VLV Sirkelkonferensie wat die afgelope week in Somerset Oos gehou is.  Sy het die VLV tema van die jaar, REIK NA DIE STERRE, as onderwerp gebruik.  Haar nuwe boek is ook by die geleentheid bekendgestel.

  
Vroue is tog so lief vir blink goed - ons wil mos sien waar ons gaan.  Blink jou ster of skyn hy?   Blink weerkaats en skyn het sy eie lig.  Reik na die Sterre verg dat jy buite jou gewone bewegingsruimte gaan.  Strewe na 'n ster, hê 'n droom.  As jy onsuksesvol is, doen dit net weer. 

  

Sy vertel hoe sy en haar eggenoot en twee klein kindertjies (21 mnde en 3 weke)  na Botswana getrek het.  Haar ankers was aan die Here vas.  Daar in Botswana het sy die "bosman" en die "bosvrou" leer ken en met hulle 'n verhouding begin bou. 

 

Dis nie oor wat jy glo nie, maar hoe jy dit lewe.  Moenie kla nie, dien iets daaraan.  Leef altyd in 'n verhouding met die Here - Hy is nie vol reëls, regulasies en vereistes nie.  Doen ook alles wat jy aanpak saam met die Here - nie vir Hom nie.  Die woord van die Here is sterk, kragtig en waar.  Skryf jou eie melodie.  Is jou melodie die Groot Mars uit Aida, dalk 'n slaapliedjie sag en strelend.  Ons lied is ons keuse - elkeen van ons het 'n keuse oor sy lewensdeuntjie.

 

Alles wat verkeerd is, is nie die Here se wil nie, maar dikwels jou eie keuse.  Aanvaar jy dinge as vanselfsprekend? 

 

Vrees in jou lewe is die roes op die blink goed.  Ons grootse vrees is mislukking - wat sal die mense sê? Moenie bekommerd wees oor wat mense gaan sê nie, be-indruk die Here.  Ons het almal al misluk.  As jy droom, droom groter en ongeloofliker!  Vertrou op die Here, droom ver, hoog en onmoontlik.  Oefen en reik elke dag 'n trappie hoër.

 

"EK" is my grootste vyand - jy is jou grootste vyand. Die Here is nie die "Author of Disaster" nie - ons bring disaster oor onsself.  Wees uniek, wees jouself.  Elkeen van ons is die Appel van die Here se oog - en Hy belowe in sy woord dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie.

 

Is jy bang dat jy 'n sondaar is en nie goed genoeg is nie? Kan jy nie regkry wat jy wil nie, kry jy iets nie gedoen nie, voel jy onveilig?  Onthou, die Here se plan is 'n wonderlike plan.  Moenie reageer uit vrees vir die Here nie, maar uit Liefde vir die Here.

 

Niks keer jou om jou ster te bereik nie.  Droom groot en bereik jou droom.  LAG! Streef altyd na uitmuntendheid.

 

 

 

Cecile de Nieully Rice

Comments are closed