Posted on 19 March 2010

Verslag  : 78ste Konferensie 
Datum  : 3 Maart 2010
Gasvroutakke : Rawsonville en Tulbagh
Plek   : Stadsaal Tulbagh
Opening  : Ds. Chris Eksteen
Nommers  : Sangsolo – Michael Kenny
Dansnommer met luislang – Lori Kay
Teenwoordig : Die Sirkelbestuur, al 12 takke met 36 afgevaardigdes en 36 waarnemers en gaste
Groeteboodskappe: Boerevereniging – Jannie Theron, Tulbagh Inwoners – John Verschini, Tygerberg Sirkel – Marie Louw
Spreker  : Tema – Reik na die sterre – Dr. Fanie Herholdt - Jan Kriel Skool

 

Ouers berei hulle voor vir die groot dag van die geboorte van hul kind, maar die kind het ‘n gestremdheid.  Ouers word kwaad en voel die lewe is onregverdig.  Hulle bejammer hulself.  Dikwels is daar ook spanning in die huwelik.  Hy moedig ouers aan om ander kinders se gestremdheid raak te sien en juwele in jou eie kind te ontdek.  Wonderlike prestasies word by die skool behaal.  Almal is sterre.  Slegs om aan die einde van elke dag te kom is om na die sterre te reik.

 

AANBIEDING VAN SAAMROEPERS
Kunste en Handvlyt – Zelda van Heerden.  Bly kreatief besig. 
Rosetta Jordaan – gebruik jou talente.
Leefstyl – Isobel Uys praat oor wit goud – gansdons. 
Landbou – Edward Bekker praat oor Emu voëls. 
Openbare Sake – Gesina de Wet stel voor dat openbare instansies soos die polisie meer by die VLV betrek moet word. 
Opvoeding – Johanna van Wyk vra dat lede meer aandag aan Vriendskapsmunte moet gee.
Gesondheid – Romanda Viljoen noem dat 31 Mei ‘n Nie-rokersdag is. 
Ilse du Toit praat oor pêrels. 


Presidentsrede:  Me. Dorothy Krige het haar jaarverslag gelewer.  Sy sê dat ons enige iets kan regkry as ons geesdrif vir die saak het. Geesdrif is die suurdeeg wat jou drome en wense na die sterre laat reik.  Jou eie ingesteldheid – en nie die opinie van ander mense nie – sal sorg dat jy tussen die sterre kan baljaar.
To reach the stars and to fulfil your dreams is not easy.  It will take a lot of hard work and self discipline – you will have to be dedicated to the dream and will have to make sacrifices, but there is nothing that can compare to the feeling of achievement when a goal is reached.

 

Me. Krige oorhandig die 3 Sirkeltrofeë aan Montagu, Rawsonville en Robertson vir volgehoue stiptelikheid en positiewe gesindheid.
Me. Marina Spamer oorhandig die res van die trofeë.
Meeste punte op konferensie – Ceres Tak
Mees uitstaande artikel – Wilna van Wyk, Ceres Tak

 

SIRKELSEKRETARIS: ELIZE LOTRIET


Categories 
Comments are closed