Posted on 22 March 2010

78 ste Konferensie -  Worcester Sirkel
3 Maart 2010,  Stadsaal Tulbagh
Gasvroutakke: Rawsonville en Tulbagh
Opening: Ds. Chris Eksteen
Nommers: Sangsolo deur Michael Kenny, Dansnommer met luislang deur Lori Kay
Teenwoordig: Die Sirkelbestuur, al 12 takke met 36 afgevaardigdes en 36 waarnemers en gaste
Groeteboodskappe: Boerevereniging - Jannie Theron, Tulbagh Inwoners – John Verschini, Tygerberg Sirkel – Marie Louw
Spreker: Tema – Reik na die sterre – Dr. Fanie Herholdt,  Jan Kriel Skool

 

Ouers berei hulle voor vir die groot dag van die geboorte van hul kind, maar die kind het ‘n gestremdheid.  Die werklikheid raak erger – ouers word kwaad en voel die lewe is onregverdig.  Hulle is kwaad vir ander ouers en bejammer hulself.  Dikwels is daar ook spanning in die huwelik.  Hy moedig ouers aan om ander kinders se gestremdheid raak te sien en juwele in jou eie kind te ontdek.  Wonderlike prestasies word by die skool behaal.  Almal is sterre.  Kompetisie is nie sleg nie – kompeteer teen jouself – jy wil wen.  Slegs om aan die einde van elke dag te kom is om na die sterre te reik.

 

AANBIEDING VAN SAAMROEPERS
Kunste en Handvlyt – Zelda van Heerden.  Bly kreatief besig, ondersteun Afrikaanse kunstenaars.        
Rosetta Jordaan – gebruik jou talente, wees altyd nuttig en leer een handvlyt vir een persoon.

 

Leefstyl – Isobel Uys praat oor wit goud – gans dons.  Dons kan gewas word en in ‘n tuimeldroër gedroog word.

 

Landbou – Edward Bekker praar oor Emu voëls.  Die karkas en vel van die hele voël word gebruik.  Hulle is baie aanpasbaar, baie nuuskierig en mak.  Eiers lyk soos ‘n groen avokadopeer.

 

Openbare Sake – Gesina de Wet stel voor dat openbare instansies soos die polisie meer by die V.L.V. betrek moet word.  Luister meer na RSG.

 

Opvoeding – Johanna van Wyk vra dat lede meer aandag aan Vriendskapsmunte moet gee – maak dit prettig.  Meet ‘n glimlag, tel treë of hou ‘n muntlegging.

 

Gesondheid – Romanda Viljoen noem dat 31 Mei ‘n Nie-rokersdag is.  Snoepwinkels by skole moet meer gesonde eetgoed verkoop.

 

Ilse du Toit praat oor pêrels.  Gekweekte seewater pêrels reflekteer lig.  Jy moet jou eie refleksie kan sien.  Seewaterpêrels en gekweekte seewaterpêrels is albei eg.  Nagemaakte pêrels is krale wat in fyngemaakte skulpe gedoop is.  Vryf pêrels met ‘n klam lappie af en sit op ‘n droë handdoek.  Bêre pêrels apart.

 

Presidentsrede:  Me. Dorothy Krige het haar jaarverslag gelewer.  Sy sê dat ons enige iets kan regkry as ons geesdrif vir die saak het.  Geesdrif is die suurdeeg wat jou drome en wense na die sterre laat reik.  Jou eie ingesteldheid – en nie die opinie van ander mense nie – sal sorg dat jy tussen die sterre kan baljaar.
To reach the stars and to fulfil your dreams is not easy.  It will take a lot of hard work and self discipline – you will have to be dedicated to the dream and will have to make sacrifices, but there is nothing that can compare to the feeling of achievement when a goal is reached.    
Benjamin Mays said:  It is not a disgrace not to reach the stars, but it is a disgrace to have no stars to reach.

 

Me. Krige oorhandig die 3 Sirkeltrofees aan Montagu, Rawsonville en Robertson vir volgehoue stiptelikheid en positiewe gesindheid.
Me. Marina Spamer oorhandig die res van die trofeë.
Meeste punte op konferensie – Ceres Tak
Mees uitstaande artikel – Wilna van Wyk, Ceres Tak

ELIZE LOTRIET, SIRKELSEKRETARIS

Comments are closed