Tydens 'n algemene vergadering in die Sportklubsaal het Anne Nel, sameroepster van Landbou & Tuinbou, vir Michael Lord genooi om die dames te kom toespreek oor grondhervorming vir volhoubare produksie.
Hy vertel dat dit 'n feit is dat grondhervorming tans en in die toekoms gaan plaasvind, maar niemand weet teen watter pas dit gaan gebeur nie. Tot op hede is daar kommerwekkend min vordering. Stadige hervorming gaan in die toekoms nie polities aanvaarbaar of volhoubaar wees nie. Daar is talle vrae wat nie maklike antwoorde het nie en uiteindelik moet ons onsself vra (of antwoord) of hervorming van grond sal lei tot volhoubare landbouproduksie.
Hy het die geskiedenis van grondeienaarskap voor 1994 uiteengesit en gemeld dat soos apartheid met politieke en ekonomiese druk tot 'n einde gekom het, het daar druk gekom oor grondbesit. Die geskiedenis van grondbesit na 1994 toon dat restitusie wel plaasgevind het, en dat pogings aangewend word in die tuislande om grondeienaarskap te hervorm want daar is gemeenskaplike grondbesit nog algemeen.
Wat die herverdeling van landbougrond aanbetref is die huidige doelwit dat 30% van blanke grond teen 2014 na swart eienaarskap oorgedra moet word. Michael lig ook die voor en nadele van grondhervormingsvertragings uit en waarsku dat oponthoude met grondhervorming al hoe meer politieke druk sal veroorsaak, teen die regering en ook teen die huidige grond-eienaars. Die stadige oordrag van grond was in Zimbabwe die oorsaak dat Mugabe blanke plase met mag oorgeneem het.
Die groot vraag is dus wat vertragings veroorsaak, en talle punte is hier deur Michael uitgelig:
Staatsbeleid, Wêreldbankbeleid, interne probleme by die Departement van Grondsake en die Departement van Landbou, stamhoofde in die tuislande weier om eienaarskap op te gee, agri-besighede en groot verwante verwerkingsbedrywe het ook teen hervorming geskop en deur druk op die staat vertragings veroorsaak.
Die huidige stand van sake in die Landbou is kommerwekkend. Hervormingsprojekte misluk omdat daar geen of swak ondersteuningsnetwerke is. Vakbonde, nie-staatsorganisasies en politieke drukgroepe is besig om hul planne in plek te kry.
Volgens Michael is suksesvolle mentorskap die eerste stap tot sukses. Vennootskappe om gedeeltelike eienaarskap aan nuwe boere oor te dra is ook 'n moontlike oplossing vir die probleem.
There is a negative side to the reduction in farmers, thus producer numbers. It means that rural areas become even more depopulated, a continuation of the trend since the early 1900's. Schools, businesses and services will suffer even more in small towns. Towns like Cradock and Queenstown are likely to experience the opposite trend where they have irrigation and more farms with viable crop farming.
Where do we go from here? Many land reform projects have led to failure, and our country cannot afford for these projects to fail.
Michael mentions that more influencial people will have to come to the party to see to it that new farming ventures are successfull, and that training be given to up-coming farmers to ensure that they can carry on as successfull farmers eventually.
He mentions that Absolute power corrupts absolutely - and refers to Mugabe and Idi Amin.
Omdat die agtergeblewenes ekonomiese bemagtiging en mag wil hê sal hulle die landbou-ekonomiese mag met die sowat 40 000 blanke boere en verwante besighede wil deel. Hy bespreek voorts volhoubare produkte in die lig van Grondhervoming, en benadruk dat indien die vrye mark beginsels toegelaat word soos huidelik om voort te gaan, glo hy dat landbouproduksie ten spyte van 'n vermindering van kommersiële landbougrond, steeds die mas sal opkom. Tegnologie maak soveel vooruitgang dat minder produsente meer produkte op die mark stoot.
What are the opportunities for land owners in future? In the future carbon-credits earn a better income - so watch your carbon-footprint. *Spekboom generates carbon cleansing. *Generate green energy : water power, wind power & solar power
Independant power producers will be allowed to build generating projects and sell energy to the national energy grid.
Often opportunities arise from turning a threat or an obstacle around.
Michael sluit af deur op te som dat in 'n veranderende wêreld en spesifiek in die politiek van Suid-Afrika, sal daar altyd geleenthede na vore kom. Kan jy 'n verskil maak?
Teresa Opperman

Anne Nel, Landbou & Tuinbousameroepster van Hofmeyr het vir Michael Lord genooi om te kom gesels oor Grondhervorming.