Posted on
12 April 2010
Una Engelbrecht het laat weet dat die Aandtak Paarl heerlik gekuier het aan huis van Charlotte le Grange.
Heidi de Bruyn, geesdriftige handwerkkenner, het die lede met hekel touwys gemaak. Elkeen kon die basiese steke oefen deur 'n blom te hekel. Lieflike gehekelde artikels, wat nou weer hoogmode is, is uitgestal.

Heidi de Bruyn wys Amanda Kapp hoe om te hekel.

Sulke mooi hekelgoed is nou weer hoogmode!

Voorsitter, Hetta van der Merwe, saam met Heidi en Charlotte le Grange.