Posted on 18 May 2010

Vryburg VLV het 'n insiggewende vergadering rondom leefstyl gehou.

 

Cathy Wentzel het verskeie geregte gedemonstreer wat in die mikrogolfoond berei kan word om tyd en elektrisiteit te spaar.

 

Betsie du Pisanie het aangesluit by die groen leefstyl en organiese bemesting afkomstig van erdwurms aan die lede bekend gestel. Dit kan in die landbou, tuine of binnenshuise plante gebruik word. Kan ook aangewend word by die maak van kompos aangesien dit die afbreking van plantmateriaal versnel. Lede word aangemoedig om 'n bydrae te maak om die voortbestaan van die aarde te verseker.

 

Beriggewer: Nellie Viljoen

 

Cathy Wentzel, Soekie le Roux (koördineerder van die vergadering) en Betsie du Pisanie.

 

  

Comments are closed