Posted on 25 May 2010

Vrydag, 14 Mei het Victoria-Westers die geleentheid gekry om saam met dr. Darryl David in die voetspore van Olive Schreiner te stap. Dit was deur Cradock (waar Story of a African Farm verfilm is), Hanover, Matjiesfontein en De Aar.

 

Dit was gou duidelik dat dr. David 'n groot liefde vir die Afrikaanse letterkunde EN die Karoo het ... seker daarom dat hy die enigste Indiër lektor in Afrikaans is.

 

Dr. David beplan die eerste Schreiner fees vanaf 2-4 Julie in Cradock. Hy hoop om dit later uit te brei. Hy het ook meer vertel van die jaarlikse Boekefees, waarvan hy die stigter is, op Richmond. ‘n Koffietafelboek oor plattelandse kerke word met 'n vriend se hulp in die vooruitsig gestel. Voorwaar 'n besige man.

 

Comments are closed