Posted on 01 June 2010

Die tema van Nieuwoudtville se Mei-vergadering was Gesondheid, onder leiding van Elmarie Spangenberg. 

 


Met die aankoms is ons begroet met ‘n glasie sjerrie. Daarna het ons, ons hande gewas;  Maak jou hande nat in lekker lou warm water, gooi sowat ‘n eetlepel suiker in jou hande en ‘n bietjie reukolie. Vryf dan jou hande lekker hard teen mekaar en spoel af. Hierna is jou hande heerlik sag!

 

Cantare, is ‘n groep opera sangers van Calvinia wat 18 jaar gelede gestig is deur Leonard Von Solms, self ‘n operasanger, en ook verantwoordelik vir die afrigting van die lede.  Hulle het die dames vermaak met 5 opera liedere uit die boonste rakke.

 

Theo van Zyl, oogkundige van Vredendal, het ons kom inlig omtrent oogprobleme en oogsiektes, o.a. Katarakte en Gloukoom. Beide oogsiektes is geneties. Hy sê Katarakte word veroorsaak deur o.m. skerp lig. Die lens verdof, word al valer, en die beeld word al dowwer. So ’n operasie duur ongeveer 15 min. En word onder lokale verdowing gedoen. 

 

Hy het ook gesê ‘n mens moet maar gereeld jou oë laat toets om ‘n probleem vroegtydig op te spoor en te behandel en ook die regte bril vir jou oë te kry, al is dit net vir lees. Jou linkeroog en regteroog kan verskil, daarom kan die ‘apteek-brilletjies’ nie vir almal se oë geskik wees nie.

 

Mnr van Zyl beklemtoon dat die rekenaar ‘n deel van ons lewens geword het, en ‘n negatiewe invloed op ons oë het, ons moet dus onthou om ons oë elke 1/2uur te laat ‘rus’.


 

Na die opening van die vergadering is pryse van SASKO aan ons bobaas baksters oorhandig wat aan die VLV kongres te Calvinia deel geneem het. Na die vergadering het ons heerlike sop en gevulde pannekoek geniet.

 

 

 

 

Martie Est was hande.

 

 

 

Leonard, Miekie & Helen.

 

 

 

Theo van Zyl.

 

 

 

Lana, Barabara & Elsie (namens Lenie Theart) - SASKO Pryswenners!


Categories 
Comments are closed