Posted on
01 June 2010
Anna Cilliers en Elsabè du Plessis het vir ons Wellington se geskiedenis van toeka tot nou vertel. So baie van die mense is al oorlede, maar het onuitwisbare herinneringe gelaat en sal altyd legendes bly. Diegene wat nog met ons is, is natuurlik geliefd en inwoners van formaat. Ons het dus gelag met 'n traan in die oog en op diè manier het ons heerlik gekuier.
Na 'n heerlike ontspanne vergadering het ons natuurlik gekoek en getee en die wonderlike omgewing met nuwe oë bekyk. Die nuwe oë is omdat dit die eerste keer was wat ons op die pragtige roosplaas in Wellington se distrik vergader het. 'n Paar van ons wat nie kon wegkom nie, is elk met 'n paar rose gegroet en dit het verseker dat ons beslis weer daar 'n draai sal gaan maak.
Petro Greeff
