Posted on 02 June 2010

Kimberley-Wes tak het op die 28ste Mei 'n pragtige aand met musiek as hoofdis aangebied. Die geleentheid was hoofsaaklik om fondse vir Kongres uitgawes te in.

 

Die gaste is verwelkom met ligte klassieke musiek uitgevoer deur vier persone van die Kimberley Akademie vir Musiek.

 

Die kunstenaar van die aand was Teresa de Wit. Sy is ‘n mezzosopraan, tans verbonde aan die Kimberley Akademie vir Musiek en voorheen deel van die Black Tie Ensemble.  Sy spog met 'n lang lys van optredes in verskeie operas in die buiteland en Suid-Afrika. Ons was dus baie bevoorreg om na haar te kon luister.
 

 

Die persone op die foto is Mari Wilmans, voorsitter van K-W, Dr  Charl de Witt, hoofborg van die aand, sangeres Teresa de Wit en Louise Botma, organiseerder van die aand. Die tak is baie dank aan haar verskuldig vir puik reëlings.

 

Comments are closed