Posted on 11 June 2010

Jolene Mouton, sameroeper van Opvoeding en Kultuur, het op 9 Junie 2010 tydens die algemene vergadering, die VLV lede ontvoer na die Laerskool Eendekuil se rekenaarsentrum.  Die dames het almal ‘n stukkie kommentaar gelewer, soos bv. “Ag ek wil tog nie iets van die rekenaar leer nie – ek’s te oud” /  “Ja, wys my bietjie sodat ek ook voortaan ‘n brief kan stuur aan my kinders, daar vêr oor die water”.

 

Wel die dames het hierdie uitdaging aangegryp.  Lydia le Roux, onderwyseres van die skool, het stap vir stap gewys dat dit nie so erg is om met hierdie moderne tegnologiese instrument te werk nie.  Die rekenaar se komponente is verduidelik, van die “muis” en sy “muismatjie”, sleutelbord, ens. Weet verseker hierdie benamings het sommige lekker laat skaterlag.

 

Die oudste lede (‘n geseënde ouderdom van 85 plus jare) het tog te netjies hul werkstuk voltooi.  Die hande was so bietjie bewerig maar as daar “geclick” moes word, kon die vingers nie wag nie.  Elke werkstuk is uitgedruk en hul kon gaan spog daarmee.

 

Die dames het hierdie middag agter die “skerms” terdeë geniet.

 

Berig deur Elmarie Cumpsty.

 

 

 

Regmaak  vir ons eerste les: Vlnr Jolene Mouton (sameroeper)  Elmarie Cumpsty (voorsitter) Lydia le Roux (spreker) Dawn Gildenhuys.

 

 

 

Senior lede: Maryn Burger  & Liebie Coetzee – Kyk net hoe konsentreer hul …

 

 

 

“Studente”: Staande agter vlnr – Lydia Le Roux, Nellie Mouton, Johanna Rossouw, Jolene Mouton, Anetta Blaauw, Dawn Gildenhuys
Voor links na regs – Hennah Dreyer, Liebie Coetzee, Elize Wiese, Sandra van Zyl.

Comments are closed