Posted on
14 June 2010
Op 2 Junie het ons 'n Openbare Sake vergadering gehou met die tema: Die vrou en haar rekenaar. Die spreker was Francois Olivier van Durbanville. Hy het aan die dames al die voordele van die besit van 'n rekenaar verduidelik en hoe dit vir jou 'n nuwe wêreld kan oopmaak. Hy het die verskil van Facebook, Twitter ens aan die dames verduidelik. Hy het die veiligheid van internetbetaling beklemtoon.
Die saal was pragtig versier met die Sokker 2010 as tema. Die tafels met verversings was verteenwoordigend van die verskillende lande wat deelneem aan die Wêreldbeker sokker. Van "hamburgers" uit Amerika, tai-tai uit Nederland en koeksisters uit Suid-Afrika. Ons het heerlik geproe aan al die verskillende lande se verversings! Dit was voorwaar 'n baie oulike en slim idee.
Almal moes gemaklike klere met plat skoene of tekkies na die vergadering toe aantrek. Die rede daarvoor was dat lede kans gekry het om die sokkerbal te dribbel! Party was nou nie juis so vaardig nie! Ander het weer probeer om die vuvuzela te blaas...........die asems was maar min!!!
Daar was 62 lede en 4 besoekers by die vergadering teenwoordig en ons het nog 2 nuwe lede bygekry wat ons ledetal nou op 80 te staan bring!
Lede het ook ywerig deelgeneem aan die kompetisies. Daar was 17 inskrywings in die verskillende afdelings. Die dames is ook baie opgewonde oor die kompetisie items van 2011 en kom op 'n gereelde basis bymekaar om te beplan en te werk aan hulle items.
Dit was 'n heerlike vergadering en almal is dit eens dat ons beslis nog baie het om te leer oor rekenaars.

Openbare Sake groep: Elbeth, Mariaan, Isabel, Anita(Saamroeper) Maritha, Helmine.

Verversings van Australië en Griekeland.

Ester Visser dribbel die sokkerbal.

Die drie beoordelaars Aletta, Suzette en Annatjie.