Posted on
25 July 2010
Soos die geluk dit wil he het die Opvoeding en Kultuur studiegroep se vergadering in dieselfde maand geval as die FIFA Sokker Wêreldbeker. Die tema was dan ook "Sokker". Vyf van die dames het soos sokkerspelers aangetrek met groot brille, hoede en Vuvuzelas, met 'n groot gejuig en Laduyuuuuuuuuuuuuma en Ayoooooooooooooba die saal binnegekom en daarmee 'n gees van "socca feva" onder die dames aangewakker.
Mnr Tommy O'Kennedy van Porterville het ons toegespreek oor menseverhoudinge. Elke lid het vir seker na die tyd iets gehad om oor na te dink.
Foto uitstalling: die lede het foto's van die WBPV (Kultuur) in Pretoria in 1998, drie huisgesinne se foto's (Koester gesinslewe) en foto’s van ons plaaslike museum baie interessant gevind.
Ons projek: Betrokkenheid by die Jeug was 'n groot sukses en die dames het die tydskrifte wat ingesamel is as deel van die projek, aan Laerskool Porterville oorhandig.
Berig deur Hessie Kuhl.
