Posted on 02 August 2010

KUNS & KULTUUR

 

Mnr Johan van der Hoven, voorsitter van ATKV in die Matzikama streek het die VLV kom toespreek. Hul visie is onbeskaamd Afrikaans en onbeskaamd Christelik. Daar word nie gediskrimineer teen kleur of ras nie. Die ATKV het verskeie vakansie oorde. Die ATKV bied ook verskeie kompetisies en programme vir oud en jonk aan.  ATKV jeug instituut bied jeugkampe, tienerkok, top entrepeneurs, redenaars en debatskompetisies aan. Die ATKV het ook sy eie tydskrif nl. Die Taalgenoot en Hoezit vir kinders. Daar word ook elke jaar verskeie toekennings gemaak soos die Liertoekenning, ATKV-Veertjie en Pendoring. Enige persoon kan lid word.

 

OPENBARE SAKE


Me Bertha Botha het die lede op ‘n toer deur Paraquay en Argentinië geneem. Paraquay grens aan Argentinië, Bolinie en Brazilië. Hul is hoofsaaklik Spaanssprekend behalwe vir Guaranies, die taal van die oorspronklike Italiaanse bevolking. Die gebied is in 1537 deur Spanje gekoloniseer en vir 150 jaar is die inheemse bevolking as slawe gebruik. Die hoofstad Asuncion is ‘n arm stad. Net die voorkante van die huise word geverf. Die land is bekend vir sy pragtige handwerk artikels, leerwerk, fillegrie, silwer, keramiekware, houtsneewerk en pragtige kantwerk. ‘n Botaniese tuin langs die Paraquayrivier huisves inheemse plante. Sy het ook die Iguaze watervalle op die grens tussen Argentinië en Brazilië besoek met watervalle wat tot 7km lank is.  

            

GESONDHEID

 

Me Martie-Louise Hunlun het oor die nuutste ontwikkelings in die mediese veld gepraat. Een van die vernaamstes is sekerlik die ontdekking van die menslike genoom wat DNA toetse moontlik maak. Vir die eerste keer is dit moontlik dat beskadigde menslike weefsel kan vernuwe. Dat verlamdes kan loop, blindes kan sien en dowes kan hoor. Stamselle word hoofsaaklik verkry uit die naelstring van ‘n pasgebore baba. Daar bestaan reeds stamselbanke. Stamselle word in ‘n vloeibare stikstof teen ‘n bepaalde temperatuur gestoor. Daar word nog baie navorsing in die volgende 5 tot 10 jaar verwag. Deur die inplanting van klein kapsule kan ‘n persoon se hele mediese rekord en toestand wereldwyd gemonitor word. Navorsing in die die veld van virologie dui op die gevaar van weerstandige siektes. Vigs en TB loop die gevaar van weerstandigheid as medikasie nie reg aangewend word nie. Volgens statistiek neem hartaanvalle by vroue toe. Simptome is egter misleidend en anders as by mans. Normale cholestrol vrywaar niemand van ‘n hartaanval nie, dis gewoonlik die gevolg van langdurige spanning en inflammasie.

 

‘N KORT GEDAGTE


Bou huise van vrede – die beste wapen teen oorlog in die huis is vrede.
Hou ou koeie in die sloot. Hulle het klaar verrot en is nou al ‘n geraamtes.
Wees vinnig om jammerte sê. Vergewe maklik.

 

 

Op Maandag 26 Julie 2010 tydens Die Olifantsrivier Vereniging vir Gestremdes se jaarvergadering is ‘n erkennings sertifikaat aan die VLV Vredendal toegeken vir hul gereelde finansiële ondersteuning. Carien Nieuwoudt bestuurslid van die tak het dit namens hul in ontvangs geneem.

 

 

Comments are closed