Posted on 10 August 2010

Só het drie lede van Bredasdorp VLV-tak gedink toe hulle werk daarvan gemaak het en gehoor gegee het aan die oproep dat ons VLV-lede rekenaarvaardig moet raak deur onlangs vir ‘n rekenaarkursus te gaan. Die kursus was aangebied deur me N Gumbi van Elsenburg. 

 

Bredasdorp-tak is sommer baie trots op mevv Ann Gunning, Jossie Swart en Ina Odendaal en weet sommer dat hulle hierdie kennis nog deeglik in die tak gaan terugploeg.  Die 3 dames, almal tans bestuurslede van die plaaslike tak, beplan om nog ‘n opvolgkursus ook te doen.  Mev Gunning, Sirkel-sameroepster vir Kunste & Handvlyt, het reeds haar wenke vir volgende jaar se kompetisie-artikels self getik en elektronies aan die onderskeie takke gestuur.  Ina Odendaal, sekretaresse, het ook te kenne gegee dat sy in die toekoms haar notules gaan tik en nie meer met die hand skryf nie.

 

Baie geluk julle staatmakers, ons is opreg trots op julle!

 

Trots, met hulle sertifikate as bewys in die hand, is
vlnr:  me N Gumbi (kursusaanbieder), Ina Odendaal, Jossie Swart en Ann Gunning

 

 

 

Comments are closed