Posted on 22 August 2010

Ons as lede van die George tak is baie trots op die Garden Route Mall wat 'n baie gerieflike, veilige en netjiese inkopie-ervaring bied. By 'n onlangse vergadering het die lede versoek dat ons 'n voorstel maak aan die bestuur van die Mall.

 

In die omgang word dit dikwels genoem dat daar mense is wat probleme ondervind om hul motors op die parkeerterrein te vind. Indien die parkeerruimte in blokke, volgens die alfabet gemerk word, sal dit help om hulle parkeerplek te identifiseer. Dit kan ook bydra tot verdere veiligheid van die parkeerruimte asook hulp in noodgevalle.

 

Verlede maand is die blokke in die parkeerruimte geletter!!! Ons het groot waardering en dis 'n riem onder die hart om te weet dat ontwikkelaars die kliente se behoeftes en versoeke ag. Op 11 Augustus het ons persoonlik gaan dankie se.
 

 

 

Geletterde parkeerruimte

 

 

Hannetjie Raath, Openbare Sake sameroeper, Rion Olivier, bestuurder GRM, Henriette Stander, voorsitter

Comments are closed