Posted on
13 September 2010
Elf baie entoesiastiese VLV-vroue van Jamestown het vroeër die maand 'n mosaïekkursus te Burgersdorp bygewoon. Ten spyte van seer hande en stywe rûe is almal baie trots op die finale produkte.
Hard aan die konsentreer by die kursus op Burgersdorp is van links Antoinette van Pletzen, Philna van Pletzen, Handri van Zyl, Rieksie Venter en Hilda v/d Walt (met haar rug na die kamera).

'n Paar van die voltooide produkte.
