Posted on 20 September 2010

Tydens die Septembervergadering van die VLV het suster Christina Olivier van Somerset-Oos die lede gemotiveer om anders na verslanking te kyk.

 
Die meeste dames poog om ter wille van 'n aantrekliker voorkoms te verslank, maar die "New Me"- klinieke sien verslanking slegs as 'n manier om beter gesondheid te kan geniet danksy 'n gesonder lewenstyl.

 

'n Mens behoort nie oorgewig gelate as jou lot te aanvaar nie, aangesien dit tot diabetes, asma, bloedvatsiektes, chroniese moegheid, hoofpyne, seer gewrigte en komplikasies na operasies kan lei. Oorgewig is 'n siektetoestand, wat behandel moet word.
 
Daar is landswyd 50 "New Me"-klinieke, wat deur gekwalifiseerde susters bestuur word. Elke pasiënt word deeglik geëvalueer voordat bepaal word hoe dié spesifieke persoon behandel sal word.  Afgesien van die organiese verslankingsprodukte word die pasiënt gemotiveer om gebalanseerde maaltye met min koolhidrate en suiker (nie meer as 650 kilojoules per dag) in te neem. Op dié wyse kan 4-5 kilogram per maand verloor word.
 

Die gereelde evaluering en onderskraging  deur die konsultante  motiveer die pasiënte om vol te hou aangesien hulle die pad na 'n gesonder lewenstyl nie alleen aanpak nie.  Al word die organiese Avalanche verslankingsprodukte nie meer gebruik nie, is die gewigverlies volhoubaar solank die gesonder eetgewoontes behou word.
 

Die Avalanche verslankingsprodukte is vir alle siektetoestande veilig en is by die mediese raad sowel as die medisyne raad geregistreer en selfs vir swanger vroue veilig verklaar.

 

Suster Christina Olivier
 
 
 

Comments are closed