Posted on 21 September 2010

Met die September vergadering het die dames meer geleer oor die kunsvorm: Tokreen.  Soos op hulle webwerf staan: “Tokreen is so lekker soos klei-speel maar met Tokreen, kan enige iemand 'n kunstenaar in eie reg wees.”

 

Tokreen is 'n gom en verharder in een en word met 'n kwas aangewend. Dit het 'n waterbasis en kan verdun word as dit nodig is.  Dis egter beter om dit onverdun aan te wend.

 

Tokreen is beskikbaar in wit, swart, terracotta, donkerbruin, en deurskynend.  Tokreen is weer-, roes- en waterbestand. Artikels kan met koper, silwer, goud en brons metaalverwe geverf word om soos soliede koper of brons te lyk.
 

Die leuse van alle Tokreners is: "Ons Tokreen als!" Van blikke, skoene, potte, materiale, sade, knope, skroewe, sand, klippe, alles waarop jy jou hande lê, kan getokreen word.”

 

Issie van der Merwe en Rina Coreejes het ‘n demonstrasie gehou en die dames is so geprikkel daardeur dat ons besluit het om so gou as moontlik ‘n werksdag te hou waarop almal gaan “Tokreen”!

 

'n Ou graaf wat getokreen is.

 

 

 

Comments are closed