Posted on 11 October 2010

Die stresvlakke het nou tot op breekpunt opgebou, en uiteindelik het dit tyd geword om met die finale hersienings-afronding vir die eindeksamen te begin. Dis natuurlik nou net fokus en leer, alle plesiertjies eers ‘n bietjie op die agtergrond geskuif. Of dalk nie álles nie...  


 
Die dames van Hantam VLV het al vir die afgelope 20 jaar die gebruik om kort voor die eindeksamen vir al die Matrieks van Hoërskool Calvinia te bederf met eetgoed en ‘n sterkte-boodskap. Hopelik sal hulle, met die gedagte aan die soetigheid, ekstra hard leer, konsentreer en suksesvol skryf. Want ons wense is, soos elke ander jaar, dat alles baie goed sal afloop tydens die eksamen, maar dat die res van hul nuwe lewens, gevul sal wees met ons Vader se liefdevolle nabyheid en seën. 

 

 

 

 

'n Paar Matrieks: Johanlie, Sandra, Annette, Mia en J'Niel

 

 

 

Die Hantam VLV dames wat verantwoordelik was vir die aanbied van die Matriektee.

Comments are closed