Posted on
11 October 2010
Sirkel Noordwes-Kaap se 9 takke het boeke bymekaar gemaak en van die boeke word geskenk aan Mev Daleen Moller van Friersdale vir haar plaasbiblioteek. By ons algemene vergadering oorhandig Mev Wilna Nel, Sirkelpresident Noordwes Kaap, boeke aan Anzil Kulzen, skrywer van die jeugroman, ZITA.
Anzil is gebore en getoë op Upington. Vanaf 2000 tot 2010 is sy medewerker vir Carpe Diem Media van Bybeldagboeke. Sy lewer bydraes tot verskeie publikasies van o.a. DE KAT, DIT, FINESSE en ROOI ROSE.
In 2009 word haar jeugroman, ZITA, voorgeskryf vir Gr 12 Eerste Addisionele Taal IEB skole. Daar is nog vele meer uit haar pen, maar in 2009 word sy aangestel as fasiliteerder van LAPA Uitgewers se Noordkaap gemeenskapsprojek met die volgende funksies:
• Werf van nuwe skrywers
• Aanbied en organisering van skryfskole
• Fasiliteerder van leesklubs in arm woonbuurte
• Lees- en skryfbevordering by arm skole
• Sy is ook Direksielid van die Afrikaanse Taalraad
Sy vertel kortliks van suksesstories in haar werk. Hoe vroue in plakkerskampe as talentvolle skrywers en digters na vore kom en hoe ma en kinders saam leer lees nadat hul van haar vrouebyeenkomste bygewoon het. Sy versprei die boeke onder hulle en so ontwikkel die vroue se selfbeeld en eiewaarde.
