Posted on 18 October 2010

Saterdag, 16 Oktober, het die eerste deel van die  Kunste en Handvlyt vergadering in die plaaslike NG kerk plaasgevind in die vorm van vers en klank. Vier lede, me. Perrin, Vermeulen, Du Plessis en Sinclair, het gedigte oor verskillende fasette van vrouwees voorgelees.  Dit is afgewissel met pragtige klavierspel deur me. Carol Wilson.
 

Daarna het die dames na die kerksaal beweeg waar me. Alida Vermeulen van Murraysburg, 'n interessante praatjie oor porselein gelewer het. Sy het die restourasie proses verduidelik en voorbeelde van haar werk getoon.  Baie mense is reeds bewus van ons eie porseleinkenner, mnr. George Conradie. Enkele van sy porselein koppies en pierings is ook uitgestal.
 

Daarna is enkele sake bespreek, o.a. die kersmark wat vir 5 November beplan word. Al die omliggende dorpe is welkom om dit by te woon.

 

Beriggewer: Rina Coreejes

 

 


 

 

Dis Alida Vermeulen wat 'n 1893 koppie vashou. Die koppie behoort aan George Conradie.

Comments are closed