Posted on 24 October 2010

Die afgelope paar jaar het 'n aantal van Langebaan se  lede hulle mans verloor en daarom het ons dit goed gedink om hulle net sommer lekker te bederf.

Ons het hulle almal in 'n bussie gelaai, in die Weskus park ingery en by een van die uitkykpunte gestop om die mooi rondom ons te waardeer.

Daarna het ons hulle geneem na 'n pragtige huis van een van die VLV - vriendinne en daar het ons hulle getrakteer met heerlike verversings en elkeen het 'n spesiale geskenkie ontvang.  Almal het dit vreeslik waardeer en die oggend saam met die bestuur geniet.

 

 

Die vrolike klomp enkellopendes by die uitkykpunt.

 

 

 

Saam met die gasvrou Daleen du Toit, tweede van links.

 

 

 

Saam met die bestuurslede.

 

 

 

Die lekker saam kuier!

Comments are closed