Posted on
28 October 2010
Die Opvoeding en Kultuurgroep van Langebaan tak het onder leiding van hul saamroeper, Corrie Slabber, vir ons 'n wonderlike uitstappie gereël. 55 lede en 5 besoekers het die uitstappie na !Kwatthu (beteken "watergat"), 'n opleidingsentrum van die San-mense meegemaak.
Michael Daiber het 'n baie interessante praatjie gelewer oor die ontstaan van die sentrum. Die grond beslaan 850 hektaar en daar is verskillende boksoorte bv. springbokke, elande, bontebokke ens. San-mense kom na die sentrum en word opgelei om weer hulle kultuur, taal ens. te kan uitleef.
André, een van die Boesmans, het vir ons meer vertel oor sy herkoms en baie insiggewende inligting gegee oor die taal met al sy klik-geluide van die San- mense. Een woord kan vir die verskillende groepe, verskillende betekenisse hê.
Die sentrum beskik ook oor 'n pragtige restaurant waar ons heerlik bederf is deur die Opvoeding en Kultuurgroep wat die verversings verskaf het. Almal is dit eens dat dit 'n baie leersame oggend was en dat hulle moeite sal doen om die sentrum, wat geleë is op die R26 naby Yzerfontein, te besoek. Die restaurant is daagliks oop vir besoekers.

Michael Daiber vertel meer oor die San kultuur.

Lede kom aan by !Kwatthu.

Lede is gevra om pienk klere aan te trek om borskanker maand te ondersteun.

Heerlike verversings is voorgesit.