Posted on
29 October 2010
Met Goodwood se Kultuurvergadering het die storieverteller, dr Dirk van Schalkwyk, sy stories kom vertel. Hy het sy doktorsgraad oor die taal van die Rehoboth Basters gedoen. en was die laaste 12 jaar van sy beroepslewe die Hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy het die afgelope jare Namibie en Suid-Afrika deurkruis op soek na humoristiese stories en interessante taalverskynsels.
Op die foto saam met dr. van Schalkwyk is Leonie Theron, Zylia Fourie en Alet Colyn.
