Posted on
04 November 2010
Op Saterdagoggend 30 Oktober 2010 het Sirkel Tygerberg 'n heerlike teeparty gereël by Laerskool Kenridge se saal. Die lede het hul weer oortref met die versiering van die tafels en die heerlike versnaperings wat voorgesit is.
Andre van der Sandt het ons vermaak met sy wonderlike stem en Nelia van Zyl het die dames in vervoering gehad met haar storievertellings.
'n Groepie jong meisies het hul energieke danspassies vir ons kom uitvoer. Peter Veldtsman het gesels oor sy kinderdae en vertel wat bygedra het tot sy nuwe kookboek, wat binnekort op die winkelrakke gaan verskyn.
Jane Mphutlane, 'n student van Northlink College, het 'n paar van die uitrustings wat sy ontwerp het ten toon gestel.
Die oggend is deur almal terdeë geniet
Beriggewer: Elsabé Schlechter

Andre van der Sandt

Nelia van Zyl

Peter Veldtsman

Jane Mphutlane

Die dansers

Joligheid