Posted on
09 November 2010
Met Kersfees as tema, sluit ons die jaar af tussen ‘n menigte engeltjies en pragtige rangskikkings. Annelize Louw open deur die vriendskapskers aan te steek en gesels oor die inhoud van die internasionale gebed en ons besef net weer watter diepte dit regtig het.
Sandra van Niekerk vertel meer oor haar engelversameling en wys en vertel vir ons van ‘n paar wat elkeen ‘n besondere storie het.
Die voorsitter lewer haar jaarverslag en sluit af met die gedagte dat ons, ons vriendinne moet koester, want “Vriendskappe is soos beleggings. Jy kry terug wat jy daarin belê en dit neem tyd om te groei, maar dit lewer dividende met ewigheidswaarde!”
Gebruik die bekers en trofeë wat verower word om rangskikkings mee te doen - soos onder op die foto's gesien kan word, in bv. die kombuis. Dit werk ook goed vir tafelversiering. Interessante kersboompies word ook uitgestal.
Mev. Sandra van Niekerk ontvang die trofee vir die meeste kompetisiepunte (Foto onder). Sy is ook die Leefstylsaamroeper en haar program het ook die prys behaal vir die beste program.
Almal verkeer gesellig saam met 'n lekker koppie tee en heerlike eetgoed.



