Posted on 17 November 2010

Vryburg VLV het hul afsluitingsfunksie by Morakane Game Lodge gehou.

 

Die jaarlikse prysuitdeling het ook plaasgevind en Doris Linde het die trofee oorhandig.

 

Blomme gevorderd is verower deur Marthie Grobler, kookkuns deur Lorraine Bruwer (een van ons jong lede), kunste en handvlyt deur Hester Pretorius en handwerk en meeste punte deur Nellie Viljoen.

 

Die Doris Linde trofee vir uitnemende diens aan VLV het gegaan aan Elmi van Heerden.

 

Die tak het na 26 jaar afskeid geneem van Sannie Retief wat na Pretoria verhuis.  Sy het in die tydperk 14 jaar as voorsitter gedien en was 'n ware steunpilaar vir die VLV en die gemeenskap.

 

Beriggewer: Nellie Viljoen

 

 

 

Doris Linde en Marthie Grobler.

 

 

 

Lorraine Bruwer (kookkuns).

 

 

 

Esta Twigge, Sannie Retief, Rika Swart, Trudie Kok, Memory Scholtz, voor: Hester Pretorius en Manda Schoon tydens die afsluiting.

 

 

 

Betsie du Pisanie, Nellie Viljoen, Ora Jordaan en Soekie le Roux.

Comments are closed