Posted on 23 November 2010

Victoria-Wes VLV het hul jaar met ‘n Kersmark in November, afgesluit!  Dit het in die Kerksaal plaasgevind en ‘n groot verskeidenheid artikels is deur lede en nielede aangebied.  Kopers kon kies tussen handgemaakte krale-juwele, mosaïek, kersversierings, tuisgebakte Duitse koekies, découpage, tokreen, lapverf, skilderkuns, plante en vele meer.  Vir ‘n lafenis (as die inkopies té uitputtend geraak het), is tee, koffie en skons aangebied.  ‘n Ligte middagete was ook beskikbaar.

 

Om 16:00 het al die VLV lede byeen gekom.  Die voorsitter het hulle bedank vir die jaar wat verby is en sterkte toegewens vir die komende jaar, want… KONFERENSIE 2011 wag!!!  Die jaarprogram is uitgedeel en nadat die verjaarsdagdames geluk gewens is, is saam tee geniet.

Comments are closed