Die jaarlikse VLV afsluiting het vanjaar met ‘n vrolike Kersmaal, Strandveldse Kersspel en die bekendstelling van ‘n plaaslike bundel Kersverhale geskied. Die trofee wenners en nuwe bestuur is ook by die geleentheid aangekondig.
‘n Strandveldse Kersspel deur een van ons lede, SD Fourie, is deur Gansbaai se plaaslike Snaterteater onder spelleiding van Sylvie Agenbach opgevoer. Carine Badenhorst het ‘n gedig van SD getoonset en ook die begeleiding tydens die opvoering waargeneem. Die eenvoud van die vertolking deur die jong spelertjies van Blompark het almal se hartsnare geroer. Die Kersspel was ‘n weninskrywing van VLV Gansbaai tydens vanjaar se konferensie op Bredasdorp.

Sylvie en SD

Jan en SD Fourie het tydens die geleentheid hul nuwe bundel Kersverhale, Kersklokkies oor Branderbaai, bekendgestel. Kersklokkies oor Branderbaai is plaaslik beskikbaar by Gansbaai Boekwinkel en die Strandveld Museum.
Die gasvroue het aangesluit by die idee van ‘n egte plaaslike Kersfees en die tafels was keurig versier met handgemaakte versiersels, skulpe en takke.
SD het Annatjie Liebenberg, wat na 16 jaar as voorsitter van VLV Gansbaai, tydelik aftree, bedank.

Die nuwe VLV bestuur vir 2011 is:
Voorsitter: SD FOURIE
Ondervoorsitter: Charlene le Roux
Sekretaresse: Esme van Dewenter
Tesourier: Annatjie Liebenberg
Naomi Nell, Miempie du Plessis, Mary Badenhorst, Rienie Ludick, Francetta Cillie-Malan
Betty Knipe (fotograaf).
Trofeë vir 2010 is deur Annatjie oorhandig aan die volgende lede:
Gebak Esme van Dewenter
Mikrogolf: Francetta Cillie-Malan
Kookkuns: Francetta Cillie-Malan
Kuns: Marie van der Merwe
Christie, Marie en Esmé.

Gebottel, Lekkers, Breiwerk, Naaldwerk, Hekelwerk, Handvlyt, Blomme, Tweede in Kookkuns, Meeste 1ste plekke en Meeste punte is almal deur Christie Groenewald gewen. Christie is reeds 56 jaar lid van die VLV – dus geen wonder dat sy almal uitstof nie! Baie geluk aan haar.