Posted on 30 November 2010

Sirkel Kalahari het ‘n geslaagde gholfdag by Vryburg Gholfklub aangebied met 64 inskrywings.
Willie Rose en George Hayward het as wenners uit die stryd getree met Braam Swanepoel, senior en junior, as naaswenners. In die derde plek was Michael Lekgitiso en Hoffmann Mogorosi.

 

Danksy die ondersteuning van die spelers en borge, kon die VLV fondse insamel vir hul resepteboek, “Smulkos uit die Kalahari”, wat tans in druk is.

 

George Hayward en Willie Rose.

 

 

Braam Swanepoel, Morné Swanepoel (klubkaptein), Braam Swanepoel
(senior) en Martie Eloff (visepresident, Sirkel Kalahari).

 

 

Nellie Viljoen (sekretaris) en Rika Swart (tesourier) van Vryburg by die etetafel.

 

 

Tot die manne moes inspring. Rika Swart, Martie en MC Eloff doenig in die kombuis.

 

 

Beriggewer: Nellie Viljoen

Comments are closed