Posted on
19 December 2010
Op Donderdag 18 November 2010 het Vredendal hul tak se tagtigste verjaarsdag gevier.
Die Lyndans groepie onder leiding van Mev. Eileen van Dyk was ‘n fees om na te kyk. Dit het soms gevoel of ons ook kan opspring en saam dans en nie net tone te sit en tik op die maat van musiek nie.
Mev. Sanet Ras voorsitter van die tak het ook by die geleentheid kentekens aan die volgende lede oorhandig: 10 jaar: Dirkie de Jongh, Vilene de Kock en ons sekretaresse Elmarie Fouche 20 jaar: Lettie Botha en dan was dit ook die voorreg van ons voorsitter Sanet Ras om aan haar moeder Mev. Suzaan de Wet wat al 89 jaar is en nog gereeld aan kompetisies deelneem, haar kenteken te oorhandig.
Daarna het Mariana Pretorius eers vir ons twee pragtig liedere gesing sodat die emosies onder beheer kon kom. 25 jaar: Ook vir ons sekretaresse Elmarie Fouche was dit ‘n groot voorreg om ook aan haar moeder Mev. Johanna de Beer haar kenteken te oorhandig. Pat de Waal en Mariaan Stoumann het ook hul kentekens ontvang. 35 jaar: Kotie Lintveldt en Sophia van Schalkwyk 55 jaar: Dr. Anna Louw een van ons erelede. Haar leuse is dat sy nog nooit ‘n vergadering bygewoon het waar sy nie iets uit geleer het nie.
Mev. Rita Eitner het vir ons afgesluit met ‘n humoristiese voorlesing “So is ons – of hoe”. Daarna het Elmarie Fouche net al die bedankings gedoen en het Mev. Sanet Ras ‘n tafelgebed gedoen. Na die verrigtinge van die dag kom ons ‘n heerlike laat ontbyt geniet wat deur die bestuur en lede voorberei is en is daar heerlik saam gekuier.
Dankie aan elke lid wat van Vredendal VLV ‘n sukses maak. Wat dit ook al is dit is voorwaar ‘n wenresep.
Beriggewer: Carien Nieuwoudt


