Landbou vergadering – 17 Feb 2011.
Mandie Kotze het die jaar afgeskop met ‘n fantastiese Landbou program by haar op die plaas Grasberg.
Christy Bragg is besig met haar PhD oor die rol van Ystervarke in die omgewing. Sy het ‘n baie interessante en lewendige aanbieding gebring, sodat ons die ystervark met ander oë kan sien. Die boervrouens het die boer se probleme met ystervarke op die plaas met haar gedeel. Sy is ook besig om te soek na ‘n ‘afskrikmiddel’ wat ystervarke sal ontmoedig om ‘n terrein te betree. Sy het reeds verskeie middels beproef, maar ystervarke blyk (nog) nie ontmoedig te word deur enige iets nie.
Gaan loer gerus by haar webwerf:
http://thegreenconnection.org.za/index.php?option=com_content&task=view&id=10&Itemid=8
Belinda Visagie, veelsydige boervrou van die omgewing, het kom vertel hoe sy skandering van ooie doen tydens lamtyd. Sy lig die voordele daarvan uit en doen ‘n kosteberekening om te bepaal hoeveel die boer kan spaar deur die ‘raaiwerk uit lamtyd’ te haal.
Mandy Schumann se tweelingsus Bonny, gee tans onderwys in Suid Korea - sy kom deel ‘n klompie foto’s met ons oor hoe dit daar lyk, terwyl dit nou so ysig koud is by hulle.
Die vrouens hang aan haar lippe, terwyl Alrie van Wyk vir ons demonstreer hoe om jou eie pasta en basiliepesto te maak.
Sy demonstreer ook vir ons Aartappel, Botterskorsie en Feta Latkes – koekies wat in vlak olie gebraai word. Sy maak ook ‘n doopsous met basiliekruid en Griekse Joghurt om daarmee saam te eet. Ek plaas die resep – gaan toets dit gerus – Heeeeerlik!
Baie dankie aan Mandie en haar helpers, en al die sprekers vir ‘n heerlike en leersame middag.

Alrie demonstreer hoe pastadeeg aangemaak word.

Alrie rol pastadeeg met Belinda wat hand bysit.

Lede buite in die tuin op Grasberg.

Mandie Kotze, saam met die sprekers van die dag - Mandy, Belinda, Alrie, Mandie, Christy.