Posted on 20 February 2011

Datum:  4 Februarie 2011
Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur
Saamroeper:  Annalie Steenkamp

 

Richard en Veronica Castleton is al vir 8 jaar die eienaars van 'n suksesvolle wewery op Calvinia. Hantam Creations het al landswyd só gewild geraak, dat leefstyl-programme soos Pasella en Top Billing al daaroor insetsels gemaak het.  Wat die onderneming egter uniek maak, is die feit dat opleiding landswyd aangebied word om hierdie kunsvorm vir die nageslag behoue te laat bly.    Vanweë die feit dat die weefwerk nog per hand met tradisionele weefstoele gedoen word, is daar deesdae maar min mense wat nog kans sien om hierdie kultuurerfenis te laat voortleef. 

 

Tydens 'n begeleide toer in die wewery, kon gesien word hoe behendig die personeel al hul weefstoele kan beheer en die algemene gevoel was van waardering vir hul aanleg. 
Die groot verskeidenheid produkte wat hoofsaaklik uit sagte en growwe katoen en handgespinde karakoelwol gemaak word, sluit in matte, lopers, kussings en sakke.  Alles is masjien wasbaar, aangesien veral die gasvryheidsbedryf daarvan aankoop en die materiaal is baie duursaam.  Enige persoonlike patroon, kleur en voorkeurgrootte vir enige produk kan ook gemaak word op bestelling. 
'n Groot droom en vooruitsig van die Castletons, is om wol van ons eie distrik se kleinvee aan te koop en dit self te bewerk, ten einde 'n unieke produk, eie aan ons streek te bemark. 

 

Beriggewer:  Janine Brynard

 


Jonita, Baby, Riana en Karin kyk toe hoe Katriena Beukes 'n mat weef op die weefstoel.

 

 

Katriena Beukes besig om 'n mat te weef.

 

 

Comments are closed