Posted on 22 February 2011

Hofmeyr VLV het aan twee lede van die gemeenskap spesiale Eretoekennings oorhandig.  Hierdie twee lede is Lizette Jordaan en Gert du Plessis. 

 

Die twee Hofmeyr inwoners is verantwoordelik vir die instandhouding van die plaaslike begraafplaas.  Dit is alombekend dat Hofmeyr se begraafplaas in hierdie tye die netjiesste begraafplaas in die omgewing is, en talle besoekers besoek daagliks die terrein om na afgestorwenes se grafte te soek.  Lizette en Gert ken ook die begraafplaas so goed, dat hulle binne 'n oogwink 'n besoeker na die grafte kan neem waarna hulle soek.  Hierdie diens word as liefdesdiens aan die Hofmeyr gemeenskap gedoen, teen 'n baie geringe vergoeding.  Hiervoor het Hofmeyr VLV hul bedank.

 

Susan Vermaak, (Voorsitter Hofmeyr VLV), Lizette Jordaan en Teresa Opperman (Visepresident Sirkel Cradock en Landbou sameroepster Sirkel Cradock) tydens die oorhandiging van die Eretoekenning aan Lizette Jordaan.

 

 


Gert du Plessis en Susan Vermaak (Voorsitter Hofmeyr VLV) tydens die oorhandiging van die eretoekenning aan Mnr du Plessis vir sy diens aan die gemeenskap van Hofmeyr.

 

 

 

Comments are closed