Posted on 23 February 2011

Die skounaweek van 11 en 12 Februarie 2011 was 'n bedrywige tydjie vir die VLV dames van Victoria-Wes.

 

Vrydagmiddag is 'n Tokreen demonstrasie in die groot saal by die skougronde vir belangstellendes aangebied. Saterdag was dit tyd vir die jaarlikse Kuieroggend. 

 

Bekende radiopersoonlikheid en Afrikaanse stem uit Italië, Tossie Lochner, was gasspreker by die oggend se verrigtinge. Tossie het veertig jaar in die noorde van Italië, in die dorpie Aulla, gewoon. Sy het haar drie jaar gelede weer heeltyds in Suid-Afrika kom vestig, na ‘n leeftyd in Italië. Sy het heelwat staaltjies te vertel oor die land en sy mense en hul gewoontes.

 

Na afloop van die verrigtinge het die gaste tee en verversings geniet en kon hulle ook van Tossie se artikels koop of sommer net 'n geselsie aanknoop.

 

Victoria-Wes se dames in vrolike luim saam met Tossie.

 

Comments are closed